Polisiehonde snuffel dwelms vermom as lekkers uit

Beamptes van Uitenhage se honde-eenheid in die Oos-Kaap en hul vierpotige kollegas het ‘n uitnodiging van die Pre-Primêre Skool Hermitage in Addo aanvaar en hul vreugde en trots ten toon gestel. ‘n Lid van die Uitenhage-honde-eenheid, Jacques Adlem, het die leerders geleer hoe om dwelms wat gekamoefleer is as lekkers, uit te ken. Sy Duitse Herdershond-vennoot, Texa, was baie gretig om haar vaardighede met narkotika ten toon te stel. ‘n Malinois takel- en patrolliehond, Pierke, het tot die leerders se genot ‘n sogenaamde dief aangekeer.