Polisie-voertuig by Nkandla was roetine

Die nasionale polisie in Suid-Afrika het bevestig dat ‘n polisievoertuig wat Woensdag buite Jacob Zuma se huis in KwaZulu-Natal opgemerk is, deel was van ‘n roetine-patrollie. Die Konstitusionele Hof het Zuma Dinsdag vyf dae gegun om homself aan die polisie oor te gee nadat hy 15 maande tronkstraf opgelê is weens minagting van die hof. Polisie-woordvoerder Vish Naidoo sê hulle doen ‘n beroep op die publiek om op te hou om verkeerde inligting te versprei. Volgens berigte beplan Zuma-ondersteuners om buite sy Nkandla-woning byeen te kom, maar Naidoo ontmoedig sulke byeenkomste: