Olie-produksie word vandag bespreek

Opul+ vergader vandag om oor produksie te gesels. Die ru-olieprys het die afgelope tyd gestyg maar het onlangs effe teruggesak as gevolg van vrese oor die Delta-variant wat baie vinnig regoor die wêreld versprei en moontlik vraag na ru-olie negatief kan beïnvloed. Kosmos 94.1 Nuus het met die beleggingsekonoom Dawie Klopper gesels oor die kwessies wat onder die loep sal kom.