DA-munisipaliteite presteer baie goed

Die Wes-Kaapse LUR van plaaslike regering, Anton Bredell, sê ondanks uitdagings met Covid-19, het provinsiale munisipaliteite hul werkverrigting verbeter. Die ouditeur-generaal van Suid-Afrika het aan 14 van die 30 munisipaliteite in die provinsie skoon ouditverslae vir die 2019-2020 finansiële jaar gegee. Nog 11 munisipaliteite het ongekwalifiseerde ouditverslae ontvang. Die plaaslike regeringswoordvoerder, James-Brent Styan, sê goeie dienslewering gaan gepaard met finansiële prestasie van ‘n hoë gehalte: