Polisie vergader met Brakwater-inwoners

Inwoners van Brakwater net noord van Windhoek word daaraan herinner dat Nampol en die Stadspolisie om nege-uur ‘n vergadering met inwoners van die gebied het by die Role-landgoed. Die doel van die vergadering is misdaadbekamping, veral oor die feestyd. Die gebied het talle besighede en woongebiede en sukkel met misdaad omdat dit afgeleë is. Daar is gereeld berigte van gewapende rooftogte by beide huise en besighede en owerhede het nie werklik die vermoë om patrollies daar uit te voer nie, al vorm dit deel van groter-Windhoek.