Dash: Yolande se ‘Redemtion Ride’ verseker eerste plek

Die veteraan Suid-Afrikaanse fietsryer Yolande de Villiers is eerste oor die wenstreep in die Nedbank Desert Dash. Die 49-jarige wenner van verskeie padfiets- en bergfietstitels in die buurland het die Dash in ‘n tyd van 17 ure 50 minute en 10 sekondes voltooi. Sy het verlede jaar probleme met haar oë gehad en die Dash is toe haar ‘Redemption Ride’ gedoop. Die Duitser Rebecca Robisch was was voor by die halfpadmerk maar het agter geval. De Villiers het ‘n spoed van net meer as 22 kilometer per uur gehandhaaf.