SA se ligte bly effe langer aan die naweek (vir nou)

Suid-Afrikaners het ‘n sug van verligting geslaak toe Eskom laer fases van beurtkrag vir hierdie naweek aankondig. Fase vier-beurtkrag het vanoggend ingeskop en dit sal môre na fase twee verminder word. Die kragvoorsiener het gister besluit om die begin van die afsluiting van Eenheid 1 van die Koeberg-kernkragstasie in Kaapstad vir hervulling en instandhouding uit te stel. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê netwerk-bestendigheid is steeds hul eerste prioriteit: