Nampol kan nie aanstellings by GBV-eenheid doen nie, geld is vir Covid gebruik

Die Namibiese polisie se geslagsgeweld-eenheid sal geen verdere aanstellings kan maak om vakante poste te vul nie. Die minister, Albert Kawana sê al die nodige fondse is aangewend vir die bekamping van Covid-19. Die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila het laat verlede jaar gesê dat fondse beskikbaar gestel sal word vir Nampol om geslagsgeweld aan te spreek en die 159 vakante poste sal gevul word. Dit volg na die ‘Shut it all down’ protesaksie verlede jaar. Die fondse is volgens Kawana aangewend om entstowwe en mediese toerusting aan te koop.