Cecil Afrika in terug in Blitsbokke-span 

Rugby: Die legendariese sewes-speler Cecil Afrika is terug in die Blitsbokke se span vir die naweek se Wêreldbeker-sewestoernooi in Kaapstad. Hy het die meeste punte nog vir Suid-Afrika aangeteken en in 2020 laas vir die land gespeel, maar keer terug nadat die beserings-geteisterde groep die veteraan gevra het om uit te help. Die 34-jarige Afrika is opgewonde om weer in die groen-en-goud te speel in Neil Powell se laaste toernooi as afrigter.