‘Polisie moet teen EFF optree vir oortreding van inperkingsreëls’

Die DA se skaduminister van polisie, Andrew Whitfield, sê die polisie moet teen die EFF optree vir oortreding van die inperkingsreëls by vandag se opmars in Phoenix. Honderde betogers het die strate ingevaar teen beweerde rassemoorde in verlede maand se oproer en plundering in KwaZulu-Natal. Whitfield sê gewone Suid-Afrikaners kry met die gereg te doen as hulle die regulasies oortree, maar die EFF is nog nie eers aangespreek nie.