Namibië se uitdagings vir genoegsame voedselproduksie

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal António Guterres gaan in September ‘n Voedselstelselberaad aanbied om internasionale bewustheid oor voedselstelsels te skep. Dit is nie net om hongersnood te takel nie, maar dieetverwante siektes te verminder. Na verwagting gaan Namibië se klimaat- en droogtetoestande vererger en ‘n impak op die ekonomie en lewensbestaan van mense hê. Die vraag is wat is die uitdagings in Namibë om genoeg voedsel te produseer. Elvis Odeke, die hoof van programme van die Wêreldvoedselprogram in Namibië, verduidelik die belangrikheid van die beraad.