Kaapstad soek na reeksmoordenaar van katte

Die Suid-Afrikaanse polisie en die Dierebeskermingsvereniging in Kaapstad soek na ‘n beweerde reeksmoordenaar van katte. In die afgelope paar weke is by die dertig dooie en verminkte katte in verskillende gebiede om Manenberg gevind. Volgens verslae sal lykskouings gedoen word om die oorsaak van hul dood vas te stel.