Polisie met bendebande – Winde sê hy tree in

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het beloof om beslissend op te tree nadat hy die provinsiale polisie-ombud se verslag oor bande tussen die polisie en bendelede ontvang het. Die ondersoek het gevolg nadat regter Daniel Thulare bevind het bendelede het die SAPD binnegedring en van sy lede tot in die boonste range beïnvloed. Thulare het hierdie opmerkings in Oktober gemaak toe hy borgtog aan bendelede in ‘n moordsaak geweier het. Winde sê die saak ontvang dringend aandag: