Sbu het ‘gevlug’ vir sy geestesgesondheid

Geestesgesondheid in dié sport het weer in die kollig gekom met die sage rondom die Springbok-stervleuel, Sbu Nkosi. Hy was drie weke lank soek, totdat sy unie, die Bulle, hom gister by sy pa se huis in Mpumalanga opgespoor het. Nkosi verduidelik hy het gesukkel met geestesgesondheids-probleme, wat veroorsaak is deur die druk om week ná week op hoëvlak mee te ding. Hy sê hy is egter nou baie beter. Media berig Nkosi se loopbaan is tot dusver belemmer deur dissiplinêre kwessies, eers by die Haaie en nou ook by die Bulle.