Nakayale is daar vir gemarginaliseerde kinders

Nakayale Akademie vir Weeskinders en Gemarginaliseerde Kinders naby Etunda in die Omusati-streek ontwikkel ‘n geloofwaardige, internasionaal erkende model vir onderwys vir gemarginaliseerde kinders in landelike Afrika. Die opvoeding van kinders is verafgeleë gemeenskappe bly ‘n uitdaging in Namibië meer dit is algemeen dat hulle eenvoudig nooit enige formeling skoling ontvang nie. Tans is daar 104 leerders en 10 onderwysers, ‘n skoolhoof, sowel as ondersteunende personeel by Nakayale Akademie. Die skool het ‘n kombuis wat gebalanseerde en voedsame kos aan die personeel en leerders bedien. Kosmos 94.1 Nuus het met Chrisna Greeff, ‘n trustee van die Nakayale Akademie gesels oor hoe hul voorbereidings vir volgende jaar verloop en hoe dinge by die akademie gaan.