Polisie in Erongo is gereed vir besoekers in Mei

Daar is verskeie langnaweke in Mei-maand en die Namibiese polisie in Erongo sê hulle is gereed vir besoekers aan die kus. Misdaad was tydens Paasnaweek onder beheer en owerhede sal die standaard handhaaf. Die streek se Bevelvoerder, Kommissaris Andreas Nelumbu het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Covid-maatreëls sal ook deurlopend streng toegepas word.