Inentingsveldtog brei plaaslik uit

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat die Covid-19 inentingsveldtog na die Karas-streek en in Windhoek by die Rhino Park Private Hospitaal uitgebrei is. Die Uitvoerende Direkteur van die ministerie, Ben Nangombe het intussen ‘n beroep op landsburgers gedoen om hulleself te laat in-ent teen die virus met 185 nuwe gevalle wat bevestig is. Volgens Nangombe is dit die vinnigste manier wat Namibië sal kan terugkeer na die sogenaamde ‘ou-normaal’.