Nguesso wil uitdagings aanspreek

Die president van Kongo Brazzaville, Denis Sassou Nguesso, sê hy wil die land se gehawende ekonomie laat herleef nadat dit deur dalende oliepryse getref is. Die 77-jarige is Vrydag ingesweer nadat hy met meer as 88 persent van die stemme in die presidentsverkiesing verlede maand herkies is. Hy wil dit vir beleggers maklik maak om sake in die land te doen, en beplan om die Kongolese betalingsbalanstekort en skuldlas aan te pak. Die plegtigheid is deur President Hage Geingob en mev. Geingos bygewoon.