Polisie-hoë besoek Hardapstreek

Goeie samewerking en verhoudinge tussen gemeenskapslede en die Namibiese polisie is belangrik om misdaad te bekamp, sê die Namibiese polisie se adjunk-inspekteur-generaal van operasies, kommissaris Joseph Shikongo. Shikongo het vergaderings met lodge-eienaars en gemeenskapslede by Sesriem en Sossusvlei in die Hardap-streek gehad tydens sy drie daagse toer na die Namib Naukluft-park. Een van die uitdagings in die gebied is misdaad teen toeriste.