Stad Kaapstad: Skrap aandklokreël-beperkings

Die Stad Kaapstad wil sommige van die heringestelde vlak twee aandklokreël-beperkings geskrap hê in die lig van die onlangse vordering wat gemaak is op handelsvlak en in die toerismebedryf. Die burgemeesters-komiteelid vir ekonomiese geleenthede en batebestuur, James Vos, sê die 66 persent toename in binnelandse vlugte na die Kaapstadse Internasionale Lughawe in die eerste helfte van Mei, is een van die tekens van groei. Vos sê meer inentings word benodig, nie meer beperkings nie.