IRR bekommerd oor wysingings aan Artikel 15 van SA Grondwet

Die Instituut vir Rasse-aangeleenthede maan Suid-Afrikaners om kennis te neem van die ernstige implikasies van die voorstelle wat die ANC gemaak het rondom die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet. Verlede week het die parlement se ad hoc-komitee, wat wetgewing instel ten opsigte van die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet, besluit om dit heeltemal te wysig, nie net sekere onderafdelings nie. Die IRR se woordvoerder, Gabriel Crouse, sê dit sal nie net die howe in onteieningsake benadeel nie, maar ook die nasionalisering van grond versnel.