Polise, boere vergader môre oor veediefstalkrisis in Erongo

Die Namibiese polisie van die Erongo-streek gaan môre met boere van die streek vergader weens die toenemende veediefstal-krisis. Voorkomende en persoonlike veiligheidsmaatreëls gaan met die boere van Uis, Okombahe, Omatjete, Spitzkoppe, Usakos and Tubusis bespreek word. Die vergadering vind môreoggend om tien-uur in die Okombahe-gemeenskapsaal plaas. Inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie …