Bathabile Dlamini gevonnis tot vier jaar tronkstraf of R200 000

Die president van die ANC-vroueliga en voormalige minister van maatskaplike ontwikkeling, Bathabile Dlamini, is tot vier jaar tronkstraf of ‘n boete van 200 000 rand gevonnis. Die Johannesburg landdroshof het Dlamini skuldig bevind aan meineed, omdat sy onder eed gelieg het tydens die 2017-ondersoek oor die maatskaplike toelae-debakel by die Suid-Afrikaanse Sekerheidsagentskap. Landdros Betty Khumalo sê die staat het daarin geslaag om te bewys die voormalige minister het vals getuienis gelewer.