Polio-uitbrekings dalk op pad

Die Afrika-streeksertifiseringskommissie vir polio-uitwissing maan verskeie lande in suider-Afrika oor die moontlikheid van polio-uitbrekings. Dit sluit in Botswana, Malawi, Mozambiek, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. Die waarskuwing kom nadat daar reeds vanjaar regoor Afrika 300 bevestigde gevalle van polio en byna 250 opsporings van die virus in afvalwater was. Die kommissie beklemtoon die lande moet dringend gapings in inenting teen polio vul om moontlike uitbrekings te keer, omdat inenting die enigste manier is om die siekte uit te roei.