Oekraïne voer geskiedkundige aanvalle diep in Rusland uitJune 2, 2025
Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, sê hulle doen alles moontlik om Rusland te oorreed om die oorlog te beëindig. Dit volg nadat Kiëf gister grootskaalse hommeltuigaanvalle uitgevoer het op talle lugmagbasisse diep in Moskou, en verskeie vegvliegtuie uitgewis het. Onder die meer as 40 vliegtuie wat volgens berigte verwoes is, was Tu-95 en Tu-22 strategiese bomwerpers wat Rusland gebruik om langafstandmissiele op Oekraïnse stede af te vuur. Zelensky sê die operasie was ʼn briljante sukses en sê Oekraïne sal voortgaan om homself te verdedig.