Polio-entstof is bekom

Daar was tekorte van die krities-belangrike voorraad van die noodsaaklike polio entstof, die sogenaamde polio-druppel wat in die eerste 24-uur van ‘n baba se lewe toegedien moet word. Volgens die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese Ministerie van Gesondheid Ben Nangombe is die bestelling vertraag maar, voorraad is uit ander streke bekom en die probleem is vir eers in die hoofstad opgelos.