Pole se sportminister sê tot 40 lande kan Olimpiese Spele boikot

Olimpiese Spele: Die minister van sport en toerisme van Pole, Kamil Bortniczuk, sê tot 40 lande kan die volgende Olimpiese Spele boikot, wat die hele geleentheid nutteloos sal maak. Sy opmerking volg nadat Pole, Litaue, Estland en Letland die Internasionale Olimpiese Komitee se plan verwerp het om Russiese en Belarussiese atlete toe te laat om in 2024 aan die Spele in Parys deel te neem. Die IOK meen enige boikot sal net tot nadeel van die atlete wees. Bortniczuk glo hulle kan lande soos Groot Brittanje, Amerika en Kanada oorreed om ook die plan teen te staan voor die IOK Vrydag vergader.