Toename in angs en depressie onder jongmense

Sielkundiges wêreldwyd sê daar is ‘n toename in angs en depressie onder jong volwassenes asook die graad waarin dit voorkom. Die toename is meer sigbaar sedert die uitbreking van die Covid-pandemie. Aanduidings is ook dat tieners en jong volwassenes nie meer so sterk en veerkragtig is as vorige generasies nie. In Amerika hou al hoe meer universiteite werkswinkels vir jongmense om lewensvaardighede te ontwikkel. ‘n Studente-raadgewer aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, Angeline Stephens sê swakker veerkragtigheid kan verbind word met die toename in die gebruik van sosiale media en tegnologie.