‘n Erongo-burgemeester môre in Swakop-hof oor dronkbestuur

’n Burgemeester van ’n dorp in die Erongo-streek is volgens berigte in hegtenis geneem vir die bestuur onder die invloed van drank. Volgens die Namibiese polisie in die streek is die burgemeester en drie ander by Arandis in hegtenis geneem. Die burgemeester het na bewering geweier om vir sy alkohol-inhoud getoets te word. Hulle is borgtog toegestaan en sal na verwagting môre in die Swakopmund-landdroshof verskyn.