Pokomela voer Stormers in George aan

Rugby: Die flank Junior Pokomela sal vanaand ‘n Stormers-vyftiental aanvoer in ‘n voorseisoense vriendskaplike wedstryd teen die Suidwestelike Distrikte Arende in George. ‘n Groep van 26 sal op Outeniquapark teen die tuisspan te staan kom in ‘n vriendskaplike ontmoeting wat om sewe-uur begin. Die nuwe aanwinste, Clayton Blommetjies, Stefan Ungerer en Willie Engelbrecht, is almal in die beginspan, met die skitterende Onder-21-agterspeler, Suleiman Hartzenberg, op die vleuel. Die span sluit ook die Stormers-strydrosse, Juan de Jongh en Brok Harris in.