Eerste Windhoek-mark vind in hoofstad plaas 

Stad Windhoek bied vandag en môre sy eerste Windhoek-mark ooit langs Onafhanklikheids-rylaan in die sentrale sake-kern aan. Die hoofdoel van die Windhoek-mark is om die plaaslike ekonomie te stimuleer en plaaslike produkte te bevorder. Dit verskaf ‘n platform wat sal dien as ‘n tydelike straatfront-kleinhandelruimte vir klein besighede om hul produkte te verkoop en dienste te bevorder. Die Stad se skakelbeampte, Harold Akwenye, deel sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus.

Akwenye sê daar is ook pret-aktiwiteite vir kinders.