Pogings om ekonomie aan die gang te kry

Pogings om die Namibiese ekonomie weer te herstel, is aan die gang, veral in streke waar jong mense aan SMEs Compete se Pitching For Resilience-program deelneem. Die program was pas in Outapi in die Omusati-streek. Die program het ten doel om ‘n inspuiting van meer as tien miljoen Namibiese dollar in die plaaslike sakesektor te gee. Danny Meyer, die direkteur van SMEs Compete het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê al veertien streke in die land sal baat uit die program.