Namibiese kleinskaalse produsente is besig om te herstel

Volgens ‘n verslag, Driving a Green and Sustainable post-Covid-19 Recovery in Africa, moet Afrika-lande klimaatsverandering as ‘n sentrale doelwit in hulle beplanning vir ekonomiese herstelplanne insluit. In Namibia is kleinskaalse produsente besig om te herstel, het die goewerneur van die Otjozondjupa-streek, James Uerikua, aan Kosmos 94.1 Nuus gesê.