Poetin en Biden vergader die week

Die Russiese president Vladimir Poetin sê Amerikaans-Russiese betrekkinge is op sy laagste vlak in baie jare. Hy het dit gesê op die vooraand van sy vergadering die week met die Amerikaanse president Joe Biden in Washington. Volgens nuusagentskappe sê Poetin dat Biden radikaal anders as Trump is wat hy as ‘n buitengewone talentvolle individu beskryf. Die Amerikaanse president het Poetin as ‘n moordenaar in ‘n onderhoud in Maart beskryf. Die Withuis sê Biden gaan die losprys-kuberaanvalle wat uit Rusland kom, Moskou se aggressie teen die Oekraïne, die aanhouding van andersdenkendes en ander kwessie opper wat die betrekkinge benadeel het.