Die Namibiese herstelkoers vir Covid-19 pasiënte daal

Die Namibiese herstelkoers vir Covid-19 pasiënte het intussen na 84% afgeskuif.Die Covid-sterftes het volgens die jongste statistiek met 20 gestyg .12 In Windhoek, twee elk in Grootfontein en Swakopmund en onderskeidelik een elk op Okahandja, Rehoboth, Keetmanshoop en Walvisbaai en staan op die oomblik op 993. Daar is 1 399 nuwe gevalle aangemeld waarvan 664 ofte wel 47% in Windhoek is. Die aktiewe gevalle is tans 9 064 waarvan 382 in die hospitaal en 62 in intensiewe sorg behandel word.