Plundery van lotery in SA ontbloot

Die DA sê hy is ontsteld oor die plundertog wat die Spesiale Ondersoekeenheid by die Nasionale Loterykommissie oopgevlek het. Die eenheid het tydens ‘n voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee vir Handel, Nywerheid en Mededinging onthul dat gewese raadslede en senior hoofde sowat 526 miljoen Suid-Afrikaanse rand se loteryfondse gesteel het. Nog 906 miljoen rand word tans deur die eenheid ondersoek. ‘n DA-woordvoerder, Mat Cuthbert, sê die fondse was geoormerk vir die oprigting van ouetehuise en rehabilitasiesentrums vir dwelmverslaafdes: