Groenskemas eerste volgende jaar geallokeer

Die Namibiese landbouministerie sê ‘n aankondiging oor wie suksesvol is in die aanbiedinge om die groenskemas regoor die land te bedryf, sal volgende jaar gemaak word. Namibië het onlangs beide plaaslike en internasionale beleggers ‘n kans gegee om drie van die projekte te bedryf, insluitend ‘n suiwelprojek. Jona Musheko, woordvoerder van die ministerie sê die proses om die regte kandidate te kies neem langer as wat verwag is. Die regering het die groenskemas in 2008 gestig met 27 000 hektaar wat regoor die land toegewys is om besproeiingsgeleenthede te maksimeer en landbouproduksie te bevorder. Maar, die meeste groenskemas is tans dormant sonder enige tasbare produksie.