Inwoners van Jagersfontein dagvaar vir R30 miljard

Die Jagersfontein Community Trust dagvaar die departement van minerale hulpbronne en energie vir 30 miljard Suid-Afrikaanse rand in ‘n groepsgeding omdat die departement na bewering nie sy statutêre verantwoordelikheid nagekom het nie. Riaan Lambertus van Wyk, litigasie-trustee van die trust, sê die groepsgeding gaan nie oor diegene wat dood of beseer is in die mynramp op 11 September, of die meer as 200 mense wat dakloos gelaat is nie, maar oor die departement nie sekere statutêre verantwoordelikhede nagekom het nie. Sy mede-trustees het reeds in 2009 aansoek gedoen om in Jagersfontein te myn en hulle eis nou omdat hulle meen Jagersfontein Development onregmatig toegelaat is om daar te myn.