Plofstof-opruiming agter Walvisbaai-lughawe duur tot in nuwe jaar

Die Namibiese polisie se plofstofbeheer-eenheid sal tot 3 Januarie 2023 besig wees met plofstof-opruimingsoefeninge in die gebied agter die Walvisbaaise lughawe. Nampol waarsku Walvisbaaiers en besoekers om weg te bly van Plaas 58 agter die Walvisbaai-lughawe nadat plofstof in die gebied gevind is. Volgens hoofinspekteur Martha  Nghipandulwa van die eenheid, is verskeie soorte ammunisie soos onder meer as 1 200 verskillende patrone, drie mortier-bomme en twee vuurpyl-projektiele, in die gebied gevind en vernietig. Die Walvisbaai-lughawe was voorheen die Rooikop militêre lughawe van die Suid-Afrikaanse weermag toe Walvisbaai nog ‘n mandaat van die buurland was