Lionel Messie lei Argentinië na Wêreldbeker-glorie

Sokker: Lionel Messi het Argentinië na Wêreldbeker-glorie gelei toe hulle die verdedigende kampioen, Frankryk, in Katar met vier strafdoele teen twee gewen het. Argentinië was rustyd twee-nul voor ná doele deur Messi en Angel di Maria. Kylian Mbappe het in die laaste tien minute die tellng gelykop gemaak met twee doele. In bykomende tyd het Messi Argentinië se derde doel aangeteken, maar Mbappe het die eerste driekuns in ‘n Wêreldbeker-eindstryd sedert 1966 behaal. Argentinië het daarna die uitskop-stryd gewen. Dit is Argentinië se eerste Wêreldbeker-oorwinning sedert 1986.