Plett se strand toe na vrou dood is in haai-aanval

Die Bitou-munisipaliteit in die Wes-Kaap het alle strande gesluit nadat ‘n vrou in ‘n haai-aanval dood is. Die 39-jarige vrou van Kaapstad is by Sentraalstrand in Plettenbergbaai in die Suid-Kaap aangeval. Die Nasionale Seereddingsinstituut se woordvoerder, Craig Lambinon, sê hulle is Sondag uitgeroep na berigte van ‘n haaivoorval by Sentraalstrand: