Meatco skuld ook miljoene op banklenings

Meatco ervaar op die oomblik baie groot finansiële uitdagings. ‘n Rekord verlies van meer as 206 miljoen Namibiese dollar is in die 2021-22-boekjaar aangeteken maar, daar is ook uitstaande lenings. Die maatskappy skuld nog 431 miljoen Namibiese dollar op twee lenings van die Ontwikkelingsbank van Namibië en 8 miljoen dollar op ‘n lening by Bank Windhoek. Die skuld sluit nie die 200 miljoen dollar wat ook onlangs van die Ontwikkelingsbank ontvang is om produsente te betaal, in nie. Werknemerskoste van die groep was sowat 116 miljoen dollar in die afgelope boekjaar met 751 miljoen dollar wat verdien is, teenoor 873 miljoen dollar in die vorige finansiële jaar. ‘n Totale bedrag van 492 miljoen dollar is in die oorsigtydperk aan produsente betaal.