NG-kerk se verskoning: Die rol van die kerk is mos versoening…

Die sekretaris-generaal van die Namibiese Raad van Kerke Ludwig Beukes sê die verskoning van die moderator van die NG-kerk in Suid-Afrika, dr. Nelis Janse van Rensburg vir die kerk se rol gedurende apartheid, is ‘n goeie stap vir versoening. Van Rensburg sê die kerk het hom nie uitgespreek teen vergrype nie en het bruin en swart mense in die steek gelaat. Hy sê die kerk het die teologiese fondasie verskaf wat die apartheidsbeleid onderskraag het. Beukes sê die rol van die kerk is op die einde van die dag om versoening te bewerkstellig.