Plaaslike owerhede deur adjunkminister gewaarsku

Streeks- en plaaslike owerheidsrade is gewaarsku teen die misbruik van openbare fondse en mag, sowel as stambondigheid, viktimisering en intimidasie. Die adjunkminister van stedelike en landelike ontwikkeling, Nathalia Goagoses sê dit het aan die lig gekom dat sommige raadslede grond aan mekaar toestaand ten koste van gemeenskappe en dat ander nie bevorder word nie, eenvoudig omdat daar nie van hulle gehou word nie. Voortdurende dreigemente van skorsing of kontrakte wat nie hernu word nie, lei ook tot lae moraal en ‘n gebrek aan produktiwiteit. Sy het ook ‘n beroep op raadslede gedoen om hulle politieke verskille opsy te skuif tot voordeel van die publiek wat hulle dien.