DA het nie opgetree teen sy eie nie – ActionSA

ActionSA in die Wes-Kaap sê hy is in besit van ‘n forensiese ondersoekverslag in opdrag van die staatsprokureur, wat bevind het dat die provinsiale wetgewer se adjunkspeaker, Beverley Schafer, by verkwisting betrokke was. Dit is dieselfde aanklag wat teen voormalige speaker, Masizole Mnqasela, gelê is. Die ActionSA-lid, Michelle Wasserman, sê die DA het egter versuim om dieselfde stappe te doen teen Schafer, as wat hulle teen Mnqasela gedoen het: