Enoch se suikerbelasting is irrasioneel

Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekers-vereniging het ‘n voorlegging aan die Nasionale Tesourie gedoen waarin hy ‘n beroep op minister Enoch Godongwana doen om nie net die verhoging in die suikerbelasting op te skort nie, maar om die belasting heeltemal uit te skakel in die lig van die krisis waarin die Suid-Afrikaanse suikerbedryf hom bevind. Andrew Russel, voorsitter van die vereniging sê die belasting is irrasioneel.