Plant bome, ook vrugtebome – Shifeta

Daar is in die vorige jaar meer as 74 000 saailinge in staatskwekerye gekweek met 61 000 wat aan die publiek teen ‘n gesubsidieerde prys verkoop is. Die omgewingsminister Pohamba Shifeta sê die bosbou-sektor moet transformeer en boorde, plantasies sowel as kwekerye, moet die sektor betree om voedselsekuriteit te ondersteun. Shifeta voeg by dat 800 saailinge aan verskeie instansies geskenk is en het ‘n beroep op die publiek gedoen om staatskwekerye te ondersteun en bome te plant – ook vrugtebome. Hy het onlangs gesê Namibië het reeds 6 persent van sy graslande, bosveld en woude verloor.