Voedingsondersteuning van N$25m in die Kaap

Die Wes-Kaapse regering het bekend gemaak daar sal bykomende voedingsondersteuning wees vir mense wat weens die Covid-19-pandemie hul werk verloor het. Die LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Sharna Fernandez, sê haar departement het ‘n bykomende 25 miljoen Namibiese doller beskikbaar gestel om sy bestaande voedingswaarde-veiligheidsnet te verbreed. Haar woordvoerder, Joshua Chigome, sê dit is belangrik om daarop te let dat Sassa steeds die hoofagentskap is wat belas is met maatskaplike ondersteuning aan die armes.