Plaaswerker-vervoer in die soeklig in SA
Die vakbondfederasie Cosatu in die Wes-Kaap, doen ‘n beroep op die minister van Indiensneming en Arbeid, Thulas Nxesi, om ‘n verbod af te dwing op die vervoer van plaaswerkers op vragmotors, na ‘n tragiese ongeluk in Philadelphia naby Kaapstad. Drie plaaswerkers is dood en 70 beseer in Dinsdag se ongeluk. Die federasie eis ‘n deeglike ondersoek deur wetstoepassingsagentskappe. ʼn Woordvoerder van Cosatu, Malvern de Bruyn, eis die plaaseienaar moet aanspreeklik wees, insluitend vergoeding vir die gesinne wat geraak word: