Stad Windhoek skuld blykbaar N$51,4m in heffings

Die Namibiese Kwalifikasie-owerheid sal aansoek doen vir ‘n summiere vonnis teen Stad Windhoek en sal sy aansoek daarvoor teen 26 Januarie volgende jaar indien. Die owerheid sê die stad skuld om 51,4 miljoen Namibiese dollar in onbetaalde ambagsopleiding heffings sowel as rente en boetes. Alle werkgewers moet 1 persent van die waarde van sy salarisstaat as heffing vir opleiding betaal. Daar is voor regter Collins Parker wat die saak in die hoërhof aanhoor ooreengekom dat die stad sy verdediging teen die summiere vonnis teen 16 Februarie sal indien.